4578922195179797979929047

Honnehokke Resort Hondeklipbaai
  • About
    • Algemene Inligting
  • History of Hondeklipbaai/ Hondeklip Bay
    • Geskiedenis van Hondeklipbaai
  • Accommodation
    • Akkommodasie
  • What to eat
    • Om te Eet
  • Flower season
  • Travelling to Die Honnehok
  • Things to do
  • Geocache Treasure Hunt
  • Join us on Facebook
  • Contact Us
  • Blog
  • Guest comments
  • Holiday Resort for Sale
  • Algemene Inligting
  • About
  • History of Hondeklipbaai/ Hondeklip Bay
  • About
  • About
 GESKIEDENIS:

Hondeklipbaai was voorheen 'n geliefde vakansiebestemming vir vissermanne, diamantduikers en boere. Vandag kom mense van heinde en verre om die rustigheid van Hondeklipbaai te geniet. Hondeklipbaai is ongeveer 104 km Suidwes van Springbok en kan bereik word deur verskeie roetes: Die  Messelpad, Die Wildeperdehoekpas, deur Soebatsfontein, of Kamieskroon, of  Garies. Dit neem egter ongeveer twee ure om Hondeklipbaai te bereik.

Thomas Grace ('n skeepskaptein) het in 1846 Hondeklipbaai ontdek en 'n handelspos gestig. Hy het die dorp vernoem na 'n rotsformasie wat vaagweg aan 'n hond herinner (goeie verbeeldingskrag sal help).  Die eerste elf ton kopererts is in 1852 vanaf Hondeklipbaai se hawe  verskeep. Ongelukkig het Port Nolloth later die uitvoerhawe geword. Die hawe in Hondeklipbaai word nou deur vissermanne en diamantbote gebruik.

Suid van Hondeklipbaai kan die oorblyfsels van die wrak van die Aristea gesien word. Die Aristea was oorspronklik in Skotland gebou as 'n vissersboot. In 1934, gedurende die Tweede Wêreldoorlog  was die Aristea as mynveër gebruik. Die Arista het ongelukkig tragies gestrand op 4 July 1945 tydens die skeep se nooiensvaart as  vissersboot. Daar was net een sterfgeval. 

Ongeveer 18 km SSE met die kus af vanaf Hondeklip is die mond van die Spoegrivier. Daar is grotte van argelogiese belang.

​Besoek gerus http://www.hondeklip.com vir meer geskiedenis oor Hondeklipbaai/ Hondeklip Bay.
Picture
Proudly powered by Weebly